Home
Wonderboom Seëvier in Potchefstroom PDF Print E-mail

Die Hoërskool Wonderboom van Pretoria het die afgelope naweek die @lantic 7's toernooi te Potchefstroom oortuigend gewen. Die span van Pretoria het nog 'n Blou Bul skool Overkruin 46 - 14 geklop in die Beker-finaal en daarmee gekwalifiseer vir die kampioene toernooi wat later vanjaar plaasvind. Wonderboom het uitstekende sewes rugby gespeel deur veral balbesit baie goed te behou. Richard Gernoltz, sterk senter van Wonderboom is aangewys as speler van die toernooi. Hy sal deel uitmaak van die @lantic uitnodigingspan wat later vanjaar aan 'n internasionale 7's toernooi gaan deelneem. Van die plaaslike Noord-Wes skole het Potchefstroom Gimnasium die beste gevaar deur die plaat-afdeling te verower.

Volgens toernooipromoter, Willem Strauss was die prestasie van die kleiner skole bemoedigend en het die spanne van onderandere Parys en Lowveld High deurgedring na die semi-finale van die Beker-afdeling. "Met die eerste @lantic provinsiale O18 en O13 sewes toernooi wat op 6 & 7 Oktober te Konka plaasvind is daar 'n geweldige insentief vir spelers om te presteer tydens die @lantic toernooie" het Strauss gesê.

Die ander uitslae in Potchefstroom was as volg:

Plaat-finaal - Potch Gimnasium vs HS Fochville 14 - 7
Bowl-finaal - HS Carletonville vs Potch Boys High 33 - 14
Skild-finaal - HS Wesvalila vs HS Schoonspruit 21 - 14

Die oorblywende @lantic toernooie vir die res van die jaar is as volg:

13 Augustus Jeppe (Johannesburg)
20 Augustus Glenwood (Durban)
27 Augustus Excelsior (Kaapstad)
3 September Stirling (Oos Londen)
10 September HS Brandwag (Uitenhage)
17 September Merensky (Tzaneen)
24 September Waterkloof (Pretoria)
6 & 7 Oktober O18 & O13 Provinsiale Toernooi (Konka)
22 Oktober Monument (Krugersdorp)
5 November Kampioene Tournament (Konka)

 
Banner




>