Home
HTS Middelburg Wen @lantic Toernooi in Witbank PDF Print E-mail

HTS Middelburg het verlede Saterdag die @lantic 7's toernooi in Witbank gewen deur Wonderboom van Pretoria 19 - 7 te klop in die Beker-finaal. HTS Middelburg, afgerig deur die voormalige Springbok 7's speler, Dirkie Strydom moes hard werk vir hul oorwinning. Die SA atleet, Rudi Erasmus van HS Brandwag is aangewys as die speler van die toernooi. Erasmus se verbysterende spoed was indrukwekkend en hy het ook 7 drieë gedruk.

Die toernooi is ook bygewoon deur die Springbok 7's spelers Cecil Afrika en Branco du Preez. Hulle is self spelers wat 'n aantal jare gelede hul eerste blootstelling aan 7's rugby gekry het met Harmonie Sportakademie se deelname aan die @lantic reeks. Volgens Afrika was hy beindruk met die kwaliteit van spel wat die skoolseuns opgelewer het. "Die eerste @lantic sewes-Cravenweek vind vanjaar plaas en van hierdie seuns kan dalk deel uit maak van die span wat in 2016 aan die Olimpiese Spele gaan deelneem" het Afrika gesê.

Skole wat reeds vanjaar gekwalifiseer het vir die Kampioene toernooi sluit in Waterkloof, Pionier, HTS Louis Botha, Noord-Kaap, Oudtshoorn, HTS Middelburg en Wonderboom.

Die ander uitslae in Witbank was as volg:

Plaat-finaal - HS Brandwag vs HS Pionier 38 - 7
Trofee-finaal - Lowveld High vs HTS Witbank 10 - 5
Skild-finaal - HS Hoogenhout vs HS Secunda 31 - 7

 

Die oorblywende @lantic toernooie vir die res van die jaar is as volg:

20 Augustus Glenwood (Durban)
27 Augustus Excelsior (Kaapstad)
3 September Stirling (Oos Londen)
10 September HS Brandwag (Uitenhage)
17 September Merensky (Tzaneen)
24 September Waterkloof (Pretoria)
6 & 7 Oktober O18 & O13 Provinsiale Toernooi (Konka)
22 Oktober Monument (Krugersdorp)
5 November Kampioene Tournament (Konka)

 
Banner




>